Cottage on Brisbane

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cottage on Brisbane is in Umbilo, ’n woonbuurt in Durban geleë en bied gehalteverblyf aan sakereisigers, vakansiegangers of gesinne. Dit is naby winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede, maar is steeds in ’n stil area.

Die kothuis is op ’n residensiële erf en het ’n slaapkamer met lugversorging en 2 enkelbeddens. Die badkamer het ’n instap-reënstort, 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met ’n stoof, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.

Daar is gemaklike stoele, ’n slaapbank vir ekstra gaste en ’n TV met DStv in die sitarea. Gaste kan gebruik maak van gratis WiFi asook die ruim werkspasie vir sakereisigers.

Veilige parkeerplek is beskikbaar in ’n motorhuis met ’n aparte ingang. Die gashere is ook 24/7 beskikbaar.

Die kothuis is naby die universiteit, mediese skool, hospitale, die Internasionale Konferensiesentrum, en Transnet en Portnet se hoofkantore. uShaka, die hoofstrande en Suncoast Casino is sowat 12 km vanaf die perseel. Die Bluff strande is minder as 10 km weg.

Slaapplek

'n Bespreking by Cottage on Brisbane sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cottage On Brisbane gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za