LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Country Corner Bed & Breakfast | LekkeSlaap
+22

Country Corner Bed & Breakfast

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 37 Maarschalk Straat, Paulpietersburg, 3180, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R820 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Country Corner Bed & Breakfast is 'n gastehuis wat deur die eienaar bestuur word en in die bekoorlike dorpie Paulpietersburg geleë is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek, naby verskeie besienswaardighede en weg van die gedruis van die stadslewe af.

Akkommodasie by Country Corner Bed & Breakfast bestaan uit 1 rondawel en 2 tuinwoonstelle. Die gesinsrondawel is gemeubileer en het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die woonstelle het elk 2 enkelbeddens. Elk van die eenhede het 'n kombuisie met basiese toebehore vir selfsorg en 'n en suite-badkamer. Ander geriewe in die eenhede sluit gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe in.

'n Smullekker ontbyt word soggens in die eetkamer van die hoofgebou bedien waar ander maaltye ook gereël kan word. Ander geriewe op die perseel sluit 'n braai-area, veilige onderdakparkeerplek, skoonmaakdienste elke weeksdag en Saterdag en wasgoedgeriewe in.

Country Corner Bed & Breakfast is die ideale plek vir avontuurlustige gaste om die omliggende besienswaardighede en doendinge te verken, soos wildreservate, visvangplekke, watersport by Bivane Dam en vierwielmotorfietsry, om maar 'n paar te noem.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Country Corner Bed & Breakfast
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 37 Maarschalk Straat, Paulpietersburg, 3180, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Country Corner Bed & Breakfast het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R820
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R820
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 37 Maarschalk Straat, Paulpietersburg, 3180, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE3ZDhiNGQxLTgzMjktNDg5NC1iMDdiLWI5Y2Q3MjU5YTQzMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R820  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 37 Maarschalk Street Paulpietersburg 3180 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -27.427439 30.816853
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!