Cowrie Cove Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cowrie Cove Guest House skuil tussen die natuurlike melkhoutwoude van La Lucia aan die pragtige kus van KwaZulu-Natal. Dié weelderige gastehuis is in 'n Bali-styl getooi met 'n sjiek, moderne invloed. Dis die perfekte plek vir sakereisigers en paartjies.

Dié gastehuis het 12 en suite-slaapkamers wat elkeen stylvol en uniek ingerig is. Elke kamer het 'n TV met DStv, 'n yskassie en WiFi.

Geriewe op die perseel sluit 'n swembad en 'n braai-area in. Die gastehuis is ook rolstoelvriendelik. Tariewe sluit 'n kontinentale ontbyt in wat in die stylvolle ontbytkamer bedien word.

Die Cowrie Cove-gastehuis is naby die strand, die La Lucia-winkelsentrum, Virgin Activ-gimnasium, Gateway-winkelsentrum, La Lucia-sakepark, Umhlanga Village en verskeie winkels, flieks, restaurante, toeriste-besienswaardighede en vermaakareas geleë. Dit bied vermaak vir sakereisigers én internasionale reisigers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cowrie Cove Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false