15% af Kry 15% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 10 Jan 2020 tot 29 Mrt 2020.
Port St Johns Akkommodasie by Cremorne Holiday Resort | LekkeSlaap
+82
+82

Cremorne Holiday Resort

  • Naweekaanbod - Kry 15% af
  • Vanaf R510 R434 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 118 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bo Ferry-weg, Port St Johns, 5210, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Cremorne Holiday Resort skuil aan die voet van die Mount Sullivan Bosreservaat aan die oewer van die Mzimvuburivier wat in die Indiese Oseaan vloei. Daar is bykans 300 voëlspesies in die omtrek en grootpapegaaie, visarende, wildepoue en koesters kan in die omtrek gewaar word. Die area is wêreldbekend vir diepseehengel asook visvang by die riviermonding, vanaf die rotse, vanaf 'n branderplank, kunsvlieghengel en kunsaashengel.

Die oord bied verskeie verblyfopsies waaronder executive- en standaardkamers wat ontbyt insluit, selfsorgkothuise, rustieke houthuisies en grasdak-kampeerplekke. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die Captain's Cabin-kroeg en restaurant op die perseel bied 'n a la carte-spyskaart en die intieme sportkroeg bied verskeie biere, appelbier, wyn en skemerkelkies, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n pooltafel.

Die oord het ook 'n swembad en 'n dek waar gaste 'n uitsig oor die rivier en op die omliggende berge kan geniet.

Cremorne Holiday Resort het 'n konferensiesaal vir korporatiewe en klein konferensies. Die konferensiesaal het plek vir 40 afgevaardigdes en die eetarea het sitplek vir 80 afgevaardigdes.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 15 resensies vir Cremorne Holiday Resort
Netheid
4.1/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.7/5

Ligging

  • Bo Ferry-weg, Port St Johns, 5210, Oos-Kaap
  • Gaste dink Cremorne Holiday Resort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R510
Vanaf R434
per nag (vir 2 persone)
was R510
Vanaf R434
per nag (vir 2 persone)
was R510
Vanaf R434
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 118 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bo Ferry-weg, Port St Johns, 5210, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUzZTFlMWZiLWIxMWEtNDIyZi05ZjkzLTc4OWRjMjUxYTZhMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R510, nou Vanaf R434  per nag (vir 2 persone) 15 5 1 5 Upper Ferry Road Port St Johns 5210 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -31.598219809924 29.532587373936
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za