2 gaste
1 slaapkamer
1 bed
1 badkamer
- 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - 50 Culemborg Crescent, Stellenberg, Cape Town, 7550, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Culemborg Cottage is 'n pragtige selfsorgwoonstel in Stellenberg, Bellville wat nie deur beurtkrag geraak word nie. Dit is perfek vir sakereisigers wat naby alle hoofroetes, Tygervallei en die Tyger Waterfront-sakearea wil wees.
Dié dubbelverdiepingwoonstel is op 'n residensiële eiendom en het 'n oopplan-kombuis, -eetarea en leefarea op die grondverdieping. Die slaapkamer is op die eerste verdieping en bed 'n uitsig oor die leefarea. Die slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die woonstel het slaapplek vir 2 gaste op 2 enkelbeddens en kan op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep word. Daar is ook 'n haardroër, handdoeke en linne.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die leefarea het 'n sitkamerstel en 'n TV. Gaste het toegang tot Netflix en WiFi.
Die eenheid het 'n privaat ingang. Veilige parkeerplek is agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar.
Die woonstel is 6 km vanaf Tygervallei, Stellenbosch University Business School, Cape Gate, Durbanville Gholfbaan, Virgin Active Gimnasium, Willowbridge Winkelsentrum, GojiSpa, Durbanville MediClinic, Tiger Waterfront en verskeie restaurante. Kaapstad Internasionale Lughawe, die Kaapse middestad, Bloubergstrand, Paarl en Stellenbosch Wynlande is net 26 km weg.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Melindie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 50 Culemborg Crescent, Stellenberg, Cape Town, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Culemborg Cottage het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
50 Culemborg Crescent, Stellenberg, Cape Town, 7550, Wes-Kaap
Sien kaart- 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang