Cycad Rock Fishing Lodge
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 1, Jozini, 3969, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cycad Rock Fishing Lodge is reg langs die Jozinidam in KwaZulu-Natal en bied ideale verblyf vir kranige vissermanne. Dié omgewing is veral bekend vir tiervisvang en gaste het toegang tot die Jozinidam wat tot in Swaziland strek. Die pad af na die lodge is nie geskik vir lae voertuie nie.
Die lodge het 3 kothuise aan die dam se oewer wat pragtige uitsigte bied.
Die Visarend-kothuis het 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus met alles wat benodig word vir sorgvrye selfsorgverblyf. Daar is sitplek en braaigeriewe op die groot stoep waar gaste heerlik kan kuier.
Die Tarentaal-kothuis het ook 2 slaapkamers. Die oopplan-hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 4 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Daar is 'n oopplan-kombuis en -eetkamer en een badkamer. Die braai-area is by die swembad en bied sitplek, 'n TV en 'n uitsig oor die dam.
Firefly Cottage het 'n slaapkamer, 'n kombuis en 'n oopplan-sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die boonste kamer het 2 enkelbeddens en 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, dubbelwasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale en lei na die stoep met sitplek buite en 'n braai.
Daar is 'n jetty, en 'n boot is beskikbaar vir visvang en plesierritte. Die lodge bied ook 'n kampterrein vir tente en 4x4-woonwaens.
Cycad Rock Fishing Lodge het 'n swembad daar is lieflike grasperke waarop kinders kan baljaar. Die omgewing spog met 'n ryk voëllewe, daar is 'n natuurreservaat naby en Sodwanabaai is net 'n uur se ry hiervandaan.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
David Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Hoofweg 1, Jozini, 3969, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Cycad Rock Fishing Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pongolapoortdam Pongola Zoeloeland KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 1, Jozini, 3969, KwaZulu-Natal