8 gaste
5 slaapkamers
6 beds
6 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 60 Casos Road, Calypso Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Dalton's is 'n mooi vakansiehuis in die hartjie van Calypso Beach, Langebaan, en dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek of 'n groep vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreek. Dié huis is ook stapafstand van die strand af.
Dalton's is 'n dubbelverdiepinghuis wat slaapplek aan 6 volwassenes en 4 kinders bied en dit beskik oor 5 en suite-slaapkamers. Daar is 4 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed elk en daar is 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens. Die badkamers het elk 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring. Daar is 1 slaapkamer in 'n aparte woonstelletjie met 'n braai-area.
Die hoofleefarea het 'n kombuis, sit-, eet- en binnebraai-area. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus en daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is in 'n aparte opwaskamer beskikbaar. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket.
Stapeldeure lei na 'n stoep met 'n ingeboude braai, sowel as 'n swembad. Hiér kan gaste gehaltetyd saam deurbring.
Die verblyf het ook sonpanele en 'n omsetter.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Albert Geverifieer
Eiendomme 66
Resensies 355
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 60 Casos Road, Calypso Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Dalton's het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
60 Casos Road, Calypso Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang