Dash Apartment 18

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dash Apartment 18 is 'n selfsorg-eenheid op die veilige Dunkirk Landgoed, sowat 2,8 km vanaf die Salt Rock-strand en is een van die mees gesogte landgoedere aan die KwaZulu-Natalse Noordkus.

Dié woonstel het lugversorging en slaapplek vir 4 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook gratis WiFi. Die voorste en agterste deel van die leefarea het vollengte skuifdeure wat na 2 verandas lei.

Dit is die ideale omgewing vir gesinne of sakereisigers. Daar is 'n streng geraasbeleid op die landgoed en dus word geen partytjies of raserige groepe toegelaat nie. Gaste het tans volle toegang tot al die geriewe op die landgoed. Die klubhuis het 'n swembad, gimnasium, sauna, stoomkamer en 'n restaurant wat maar 'n paar meter van die woonstel af is. Daar is ook 'n tennisbaan en 'n swembadarea vir gesinne met klein kinders.

Daar is 'n strand-klubhuis met aantrekkamers, binne- en buite-storte, en toilette by die strand. Dit het 'n lieflike verhewe dek en daar is braaigeriewe. Dit is een van die grootste besienswaardighede vir gaste.

Slaapplek

'n Bespreking by Dash Apartment 18 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dash Apartment 18 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za