De Herberg Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Herberg is ’n egte plattelandse gastehuis. Dis is op die N17 in Bethal, Mpumalanga geleë. Bethal is halfpad tussen Gauteng en KwaZulu-Natal, of Swaziland.

Dié gastehuis bied goeie oornagverblyf vir sakereisigers en vakansiegangers.

De Herberg is ’n skoon, netjiese gastehuis. Dis naby die hoër- en laerskole en is stapafstand vanaf die winkels, restaurante en 'n privaat swembad.

Verblyf word in 7 unieke kamers gebied. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n wasbak, toilet en stort. 1 van die badkamers het 'n bad in plaas van 'n stort. Al die meubels is deur die eienaar gemaak. Elke kamer het 'n teeskinkbord met koffie, beskuit en tee, asook 'n TV met SABC 1, 2, eTV en 2 oop kanale.

Rook is verbode in die kamers, maar daar is 4 buitekamers wat toegang tot die rookarea het. Wasgoeddienste is ook beskikbaar op versoek. Die perseel is omhein en elke gas sal 'n afstandbeheerder kry om toegang tot die hek te hê. Daar is ook genoeg veilige parkeerplek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Herberg Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R540 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za