LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+20
B&B in Piet Retief

De Loft Guesthouse



  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • 35 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 3A Residensie Street, Piet Retief, 2380, Mpumalanga Sien kaart
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

De Loft Guesthouse bied gerieflike verblyf, onberispelike diens en gasvryheid in die pragtige historiese dorpie, Piet Retief.

Verblyf word in 7 Dubbelkamers en 1 Gesinskamer gebied. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met gratis toiletgeriewe en handdoeke, 'n privaat ingang en is uniek versier. Ander geriewe in die kamers sluit 'n plafonwaaier, lugversorging, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond en 'n TV met sekere DStv-kanale in. 'n Haardroër, wasgeriewe en 'n strykyster en -plank is op versoek beskikbaar.

Dié gastehuis bedien 'n volledige Engelse- en 'n Kontinentale ontbyt. Daar is WiFi.

Op die perseel is daar ook braaigeriewe, en veilige, onderdak parkeerplek agter 'n afstandbeheerhek.

The Munch-restaurant is net 50 m oorkant die pad, en bied 'n a la carte-spyskaart. Daar is talle restaurante in die omgewing.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar
Skoonmaakdiens
Fietsry
Visvang
Wildritte

Kamers

Double Room
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 2)
  • Plek vir 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Dubbelbed
  • Lees meer
6 Beskikbaar
Bespreek
Beskrywing

Die Dubbelkamer bied slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n wasbak, toilet en bad.

Oorsig van kamer/eenheid
1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Tariewe

Meer foto's van kamer/eenheid
Kansellasiebeleid - Toegeeflik
Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
Meer as 24 uur voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Minder as 24 uur voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Single Rooms
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 1)
  • Plek vir 1 persoon
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Kamer in Gastehuis/B&B
  • Dubbelbed
  • Lees meer
11 Beskikbaar
Bespreek
Beskrywing

Die kamers het elk ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n bad en ’n stort. Daar is ook ’n yskassie, mikrogolf, ’n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe.

Oorsig van kamer/eenheid
1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Stort, Toilet

Tariewe

Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
TV
Buitelug
Braai
Kombuis & eetkamer
Braai
Vermaak
TV
Prys sluit in

B&B

Kansellasiebeleid - Toegeeflik
Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
Meer as 24 uur voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Minder as 24 uur voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Gesinskamer
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 4)
  • Plek vir 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Kamer in Gastehuis/B&B
  • Dubbelbed
  • Lees meer
3 Beskikbaar
Bespreek
Beskrywing

Die gesinskamer het ’n dubbelbed, 2 enkelbeddens en ’n n suite-badkamer met ’n bad en ’n stort. Toiletware en handdoeke word voorsien Ander geriewe in die kamer sluit ’n yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, mikrogolf en ’n TV met DStv in.

Oorsig van kamer/eenheid
1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

En suite

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Bad, Stort, Toilet

Tariewe

Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
TV
Buitelug
Braai
Kombuis & eetkamer
Braai
Vermaak
TV
Prys sluit in

B&B

Kansellasiebeleid - Toegeeflik
Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
Meer as 24 uur voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Minder as 24 uur voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Marike G
Gesin met tieners
5.0
Ongelooflik gasvry en pragtige kamers en tuin. Ons het baie lekker gebly by Die Loft. Ons is hartlik ontvang en die kamer was pragtig, skoon en netjie...
Sien meer
Jun 2026
Natasha B
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, cosy, soos ons eie gevoel. Mooiste plekkie. Fantastiese plekkie!
Mrt 2026
Eugene O
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Baie lekker gebly. Vriendelike ontvangs, pragtige plek.
Mrt 2026
Christine L
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik. Ontspannend. Ja. Sou net 'n swembad wou hê vir kinders.
Des 2025
Lennard D
Gesin met tieners
5.0
Sal weer hier bly, goed geleë in die dorp en vriendelike diens. Gesinskamer was baie ruim, ontbyt het 'n groot verskeidenheid gehad. Sal weer hier bly...
Sien meer
Okt 2025

4.8/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Marike G
1 nag ⋅ Gesin met tieners
5.0
Jun 2026

Ongelooflik gasvry en pragtige kamers en tuin. Ons het baie lekker gebly by Die Loft. Ons is hartlik ontvang en die kamer was pragtig, skoon en netjies. Die gastehuis was baie tegemoetkomend met ons versoek om aansienlik vroeër ontbyt te kan hê en ons was verbaas dat geen moeite hulle ontsien het nie. Dit is stapafstand van restaurante en naby beide skole. Ons sal beslis weer daar bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Natasha B
1 nag ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2026

Skoon, cosy, soos ons eie gevoel. Mooiste plekkie. Fantastiese plekkie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Eugene O
1 nag ⋅ Gesin met tieners
5.0
Mrt 2026

Fantasties. Baie lekker gebly. Vriendelike ontvangs, pragtige plek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christine L
Kort verblyf ⋅ Gesin met klein kinders
5.0
Des 2025

Heerlik. Ontspannend. Ja. Sou net 'n swembad wou hê vir kinders.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lennard D
Kort verblyf ⋅ Gesin met tieners
5.0
Okt 2025

Sal weer hier bly, goed geleë in die dorp en vriendelike diens. Gesinskamer was baie ruim, ontbyt het 'n groot verskeidenheid gehad. Sal weer hier bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Melinda C
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2025

'n Unieke kuier met uitstekende diens en vriendelike gashere. Heerlik geslaap en ontbyt geëet, baie naby aan die skole en maklike kom en gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jeanne-Marie C
1 nag ⋅ Saam met lewensmaat
4.4
Des 2025

Cozy. Die gastehuis is mooi en oulik, alles wat jy benodig vir 'n veilige en gemaklike plek om te oornag. Vir aandete moet jy by 'n kant-hekkie uit en oor die besige hoofpad stap na die restaurant oor die pad wat aan die gastehuis behoort. Die menu is beperk maar genoegsaam. Ek het die etes (biefstuk, groente en 'mash'), as wegneem etes gevat wat toe verpak is in 'n polystyreen onderste bakkie met kleefplastiek bedek bo-oor. Die aanbieding was baie onsmaaklik vir 'n duurder ete opsie. Platgedruk soos iets wat ge-vacu-pack is. Die kos self was nie so wonderlik nie. Met die terugstap kon ek nie weer by die kanthekkie terug inkom nie en moes toe om die blok stap om weer by die hoofhek in te kom.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ryk C
Kort verblyf ⋅ Gesin met tieners
2.8
Okt 2025

Baie duur vir wat ons gekry het. Dit was voldoende en basies - dink die prys was buitensporig vir wat gebied is.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0

Chris N
1 nag ⋅ Besigheidsreis
5.0
Jan 2024

Het gebly by De Loft Guesthouse vir besigheid. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

John V
1 nag ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2019

Aangename verblyf. Aangename verblyf in 'n pragtig versierde kamer met lugversorging en verwarming. Goeie ontbyt en vriendelike personeel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0


Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Marinda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 10 jaar


Ligging

Gaste dink De Loft Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien

© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors


Tariewe en beskikbaarheid


Wat jy moet weet

Inklok Tussen 14:00 en 22:00
Uitklok Voor 10:00
Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
Meer as 24 uur voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Minder as 24 uur voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Vanaf
R1 800
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R1 800
per nag (plek vir 2)
Bespreek

3A Residensie Street, Piet Retief, 2380, Mpumalanga

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • 35 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • TGCSA-gradering:
https://properties.cdn.tripco.co.za/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAHdLLTSQ9AEOedU6NBGVgAh52yCxIiKBdIk4gmU15p1NQsBuP3F?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2) 20 5 1 5 3A Residensie Street Piet Retief 2380 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -26.99747 30.800787
Soek in 'n groter streek