De Wildebeest Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Wildebeest Guest House is in die natuurlike omgewing van North Riding in Randburg geleë. Die gastehuis het die perfekte ligging en is steeds naby Sandton se sakekern.

Die verblyf bestaan uit 9 ruim dubbelkamers met en suite-badkamers en hul eie ingange. Al die kamers het 'n TV, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n waaier of 'n verwarmer.

Geriewe op die perseel sluit 'n volledige wasgoeddiens, faks- en e-posgeriewe, WiFi-wagwoord en veilige parkeerplek vir motors en sleepwaens in. Gaste kan die swembad benut en die lapa is ideaal vir 'n braai saans. Die gastehuis is deel van 'n voëlpark, so gaste kan hul verkykers saambring. Ons is ook trots daarop dat ons geelbekbosduiwe in ons tuin het.

Indien gaste vakansie wil hou met hul karavaan, het ons die perfekte halfweg-oorslaapplek. Gaste hoef nie uit te pak nie, daar is genoeg spasie en ’n nagwag om hul karavaan op te pas.

De Wildebeest Guest House het die ideale ligging naby Lanseria se lughawe, Proticket Dome, 'n konferensiesentrum, Olivedale-kliniek en plaaslike restaurante. Daar is ook kantoorparke in die omgewing - Kaya Sand, Meadowbrook is 1 km ver en Norlands, Waterford-kantoorpark is 3 km ver en Strijdompark is 4 km ver.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Wildebeest Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za