Paarl Akkommodasie by De Wingerd Wijnland Lodge | LekkeSlaap
+39

De Wingerd Wijnland Lodge

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Waltham Cross Straat, , Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R1 050 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

De Wingerd Wijnland Lodge skuil in 'n stil woonbuurt in die hartjie van die Kaapse Wynlande. Besoekers wat hier tuisgaan word bederf met uitsigte oor die Grande Roche Wingerde en die ontsagwekkende Hottentots-Hollandberge.

Akkommodasie is beskikbaar in 'n luukse kothuis en 4 kamers wat goed ingerig is en beskik oor en suite-badkamers. Al die kamers en die kothuis het uitsigte oor die pragtige tuin en die swembad. Die eiendom is veilig en gaste het gratis toegang tot WiFi. De Wingerd word besit deur 'n Belgiese paartjie wat mal is oor Afrika en absoluut bekoor is deur hierdie huis toe hulle dit die eerste keer gesien het. Hulle het sommer net daar besluit om dit te omskep in 'n puik lodge. 'n Buffet-ontbyt word elke dag op die hoofterras voorgesit.

De Wingerd Wijnland is lekker naby aan heelwat besienswaardighede en doendinge, soos die eeue oue wynplase, voëlkyk, staproetes in die berge, wynproe, perdry, kanovaarte, warmlugballonvaarte en gholf. Gaste kan gerus 'n draai maak by die pragtige strande wat minder as 'n halfuur se ry van hier af is. Hermanus is minder as 2 ure van hier af - gaan kyk gerus vir die walvisse en die witdoodshaaie!

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 12 resensies vir De Wingerd Wijnland Lodge
Netheid
4.5/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • 7 Waltham Cross Straat, , Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Wingerd Wijnland Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
Vanaf R1 050
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 050
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Waltham Cross Straat, , Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgyOWJlZWQ0LWJkMzktNDI4OC1hMTFmLWVjN2VmMzk4YzdhOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 050  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 5 7 Waltham Cross Street South Paarl 7646 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.753152845964 18.959158211946
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za