Deja Vu Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Deja Vu Cottage is 'n onafhanklike, losstaande eiendom wat in die pragtige dorpie Sedgefield en net 300 m van die strandmeer af geleë is. Die kothuis is ontwerp om al jou behoeftes te bevredig. Die akkommodasie is van hoogstaande gehalte en dis ideaal vir 'n klein gesin of vriendekring op soek na 'n wegbreekplekkie naby die strand.

Dit is ten volle gemeubileer en toegerus om 4 mense in 2 slaapkamers te akkommodeer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die beddens is opgemaak met gehalte-linne en daar is oorgenoeg pakplek in die kaste. Luukse badhanddoeke en gesighanddoekies word voorsien. Daar is 'n stort met die nodige geriewe wat die slaapkamers skei. Daar is ook 'n buitestort waar gaste kan afkoel of kan afspoel na 'n besoek aan die strand.

Die kothuis het 'n oopplan-kombuis en -sitkamer met 'n eetkamertafel en stoele. Die sitkamer is ingerig met gemaklike meubels en 'n TV met 'n sekere DStv-kanale. Buite is daar 'n beskutte patio met 'n tafel en stoele. Die patio bied toegang tot die versorgde tuin wat omhein is. The Village Green, met swaaie vir die jongspan, is net 100 m van die kothuis af wat baie sentraal geleë is. Die kothuis is ook net 10 minute se stap van die plaaslike supermark, koffiewinkels en ander geriewe af.

Slaapplek

'n Bespreking by Deja Vu Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Deja Vu Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za