LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Desert Wind Private Game Farm | LekkeSlaap
+43

Desert Wind Private Game Farm

7 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

3.7 uit 5van 7 resensies vir Desert Wind Private Game Farm
Netheid
3.9/5
Diens
3.3/5
Ligging
3.7/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.4/5
Jenny W - Aug 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jenny W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Secluded, relaxing and picturesque.

We stayed in the Kliphuis. The accommodation is comfortable and well-equipped. We enjoyed being off the grid and away from technology. Marilyn, the farm manager was friendly, helpful and made us feel welcome. A worthwhile experience. Please note the road down to Kliphuis is not sedan friendly but our little Nissan 1400 bakkie coped very well.

Corne P - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Corne P
Gesin met klein kinders

Sien sterre.

Ons het 'n bespreking 3 weke voor die datum gemaak. 3 dae vooraf het ons gebel om te bevestig. Op aankoms was die buitehek gesluit. Het gewag vir 2 ure. Geen selfoonopvangs, het na die naaste dorp gery ongeveer 30 km weg op 'n slegte grondpad weg. Ek het die dame gebel en sy het vir my gesê die hek is oop, dit lyk dalk net of dit gesluit is. Terug gery, maar hek was steeds gesluit en moes toe nog 'n uur gewag. Met geluk het daar 'n bakkie gestop en oopgesluit. Hulle het vir my gesê hulle was nie bewus van my aankoms nie. Na die situasie het hulle dadelik tewerk gegaan om die plek skoon te maak en ons ingerig te kry en was baie vriendelik. Mooi plek en baie rustig.

Desert Wind Private Game Farm's terugvoer

Beste Corne,

Ek wil groot om verskoning vra vir die ongerief wat ons veroorsaak het. Daar was miskommunikasie gewees en ons sal graag wil regmaak met julle. Ons kan u verseker dat nie weer in die toekoms sal gebeur nie en sal julle graag weer wil verwelkom by Desert Wind Private Game Farm

Vriendelike groete,
Christine Goslett

Desert Wind Private Game Farm
Chris B - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Chris B
Gesin met tieners

Rustig.

Baie lekker rustig, maar huis lek verskriklik baie as dit reën. Daar is nie emmers in huis nie, so sitkamermat sopnat. Badkamer het 'n verskriklike urine reuk as dit reën, want dassies urineer op dak en dit lek in deur by rotse. Die winkeltjie wat op web is, bestaan ook nie. Pak maar alles in wat nodig is vir naweek. Sal glad nie daar gaan bly as dit reën nie, want stank is baie erg.

Desert Wind Private Game Farm's terugvoer

Dear Chris,

Thank you so much for bringing this to our attention.

We can assure you that we are attending to this issue as a matter of urgency.

We do indeed have a shop open from 09:00 - 11:00 when the farm is running at full occupancy.

In the guest book, it states that if you require shop items outside these times or during quiet season, please speak to the farm manager who will gladly open at mutually convenient time.

We sincerely apologise for the inconvenience and causing you an unpleasant stay, however I can assure you that this will not happen again.

We would like you to consider Desert Wind Private Game Farm in the future and feel free to contact us again when you have an opportunity to stay with us again.

Thank you.

Kind regards,
Christine Goslett

Desert Wind Private Game Farm
Wilma G - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wilma G
Gesin met tieners

Ons verblyf in Die Kliphuis was onvergeetlik.

Ons het hierdie jaar besluit om Kersfees heeltemal anders te vier en ingeklok by Die Kliphuis. Wat 'n aangename verrassing. Alles was presies soos op die internet. Dis 100% veilig met al die gerief wat mens nodig het. Ons was so na aan die natuur en het vroegoggende ook baie bokke gewaar. Dis enige natuurfotograaf se droom. Ons sal beslis weer gaan.

Yolande H - Nov 2015
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Yolande H
Gesin met klein kinders

Basies en skoon.

Pragtige Karoo-plaas. Maar lees die fynskrif: 40 km rowwe grondpad buite Montagu, geen elektrisiteit, geen selfoonsein op die plaas OF op pad daarheen nie. Die klein gastehuis is beslis nie geskik vir 'n gesin wat langer as een nag wil oorslaap nie. Daar is geen tafel met stoele om by te sit vir etes binne of buite nie. Kombuis het byna geen werkoppervlakte nie en soos reeds genoem is daar ook nie 'n tafel nie. Geen hangkas of plek om tas uit te pak nie. Die res is soos belowe. Rus en vrede, genoeg hout en basiese geriewe was skoon en netjies. Die plaasbestuurder wat ons ontvang het was baie vriendelik.

Ronelle L - Jan 2015
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
2/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
2/5
Ronelle L
Gesin met klein kinders

Pragtige omgewing maar nie kindervriendelik nie.

Ons het ons vakansie met 3 dae verkort oordat ons "gestrand" was en mens benodig 'n bakkie ten minste om daar rond te beweeg. Dit was nie aan ons genoem en my motor het skade gelei en bande totaal vernietig.

Warren P - Jul 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Warren P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was hemel op aarde...die rustigheid en natuur!!!!!!

Die staff was wonderlik en vriendelik. Die huis self was pragtig met alle geriewe. As jy wil ontsnap van die alledaagse gewoel en technology is dit die beste plek. Dit leer jy ook om weer te kommunikeer....daar was kere dat ek gevoel het ek's doof, net die natuur. Ek beplan om weer te gaan. Die pragtige diere wat daar is en o ja die rit met die quad bike, onbeskryflik wonderlik. Ek wil graag vir Koos en Prillie, baie dankie se...... Ons gaan weer.....

Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ouberg / Touwsrivier / Ladismith-pad, Desert Wind Plaas, Montagu, 7700, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAX0Dw3ibdMfywM7EgFaVc0GuH8XKwE46CFHaqG2oxClHw92VNcT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 2) 7 5 1 4 Ouberg / Touwsrivier / Ladismith Road Desert Wind Farm 7700 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -33.600092381947 20.210143178701
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!