Die Blou Nartjie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Blou Nartjie is 'n gastehuis en restaurant in die Hantam-dorpie Calvinia, halfpad tussen Kaapstad en Upington op pa na die Kgalagadi. Die gastehuis bied ideale verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers sowel as gesinne.

Die gastehuis het 10 en suite-eenhede, elkeen met 'n privaat ingang. Daar is 3 eenhede vir gesinne met jonger kinders, elkeen met 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Dié kamers het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad.

Daar is 2 eenhede vir gesinne met kinders ouer as 13 jaar, elkeen met 2 koningingrootte-beddens in die kamers. Die en suite-badkamer het 'n aparte bad en stort. Dié kamers kan verbind word.

Verder is daar 5 dubbelkamers, waarvan 3 kamers elkeen 2 enkelbeddens óf 'n koninggrootte-bed het. Die ander 2 kamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamers het elkeen lugversorging, sekere DStv-kanale (hotelpakket), 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en 'n haardroër. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel beskikbaar. Die eiendom het braaigeriewe en 'n plonspoel vir warmer somersdae. Ons is troeteldiervriendelik. Gaste kan ware Hantam-Karoo-lamsdisse beproef in ons a la carte-restaurant wat op die perseel geleë is en van Maandag tot Saterdag tot 18:30 oop is. Die kombuis sluit om 21:00. 'n Heerlike ontbyt word 7 dae per week in die restaurant bedien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Die Blou Nartjie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za