Die Damhuis
Opsomming van Resensie
Anneke B - Mrt 2020
Gemiddeld
Is baie mooi plek en eienaar was baie vriendelik tot en met Saterdagmiddag toe ons vriende oorgekry het en ons gesellig gekuier het sonder musiek of geraas, net kinders wat gespeel het, toe het eienaar haar so bietjie opgeruk.
Stephnie V - Jan 2020
Gemiddeld
Heerlike plek. Privaat. Ons het lekker ontspan by die swembad en daarna gebraai.
Kirsten D - Okt 2019
Gemiddeld
Perfek as jy 'n troue het in die omgewing.
Die Damhuis's terugvoer
Baie baie dankie vir mooi resensie, ek waardeer opreg. Kom gerus weer as jul iets in area aan het.
Patricia D - Sep 2019
Gemiddeld
A lovely touch of mother nature.
Die Damhuis's terugvoer
Hi Patricia,
Thank you, so much for the kind review, so blessed with the kindest guests.
Johann B - Sep 2019
Gemiddeld
Aangenaam, ontspanne en veilig.
Die Damhuis's terugvoer
Johan,
Baie dankie vir mooi review, ons gaste is vir ons baie belangrik ek ek geniet elke oomblik.
Liezel D - Aug 2019
Gemiddeld
Lekker en gerieflik.
Die Damhuis's terugvoer
Hi Liesl, ek wil darem net jammer se oor lappie en afdroogdoek. Ons het skoon vergeet om uit te sit, ons fout, teen die tyd wat ek dit agtergekom het, wou ek jul nie lastig val nie en het sommer aangeneem dat julle maar 'n paar goedjies kan los vir ons om te was.
Bedliggies is moeilik by daardie spesifieke bed aangesien die kragprop onder die TV is. Ek het al vantevore 'n koord oor vloer laat lê, maar is bang dat iemand se voet daaraan kan haak. Ek wil ook nie graag daardie prop ooreis met te veel proppe nie. Ek sal dalk weer daaraan moet aandag gee.
Opregte dank vir terugvoering in hierdie verband, ons sal enige iets in ons vermoë doen om gaste se verblyf so aangenaam as moontlik te maak, en gaan beslis werk maak daarvan.
Vriendelik damhuis groete
Leonie E - Jun 2019
Gemiddeld
Lekker gebly en tuis gevoel.
Pieter C - Mei 2019
Gemiddeld
Aangenaam.
Die Damhuis's terugvoer
Hi Pieter.
Ons het aan die begin hout voorsien, maar dit het vir sy eie uitdagings gesorg. Indien gaste vooraf met ons reel, kan ons wel voorsiening maak daarvoor.
Jacques V - Mrt 2019
Gemiddeld
Heerlike wegbreek.
Die Damhuis's terugvoer
Baie dankie, Jacques, vir jou mooi resensie. Weet dat ons dit opreg waardeer en dat ons dit geniet om ons plaas met gaste te deel.
Althea O - Jan 2019
Gemiddeld
Gerieflike en skoon verblyf, met plaas atmosfeer.
Die Damhuis's terugvoer
Hi Althea,
Baie dankie vir jou mooi resensie. Wat die donker aan betref, dit is waarom daar n tydgleuf is waarbinne gaste moet inboek om vir altwee partye makliker te maak.
Gevin V - Jan 2019
Gemiddeld
Fantasties, netjies en baie vriendelike diens deurgaans.
Gerard V - Des 2018
Gemiddeld
Heerlik.
Stephan E - Des 2018
Gemiddeld
Netjies en skoon.
Elke V - Nov 2018
Gemiddeld
Awesome.
Die Damhuis's terugvoer
Baie dankie vir jul review, ons word regtig bederf met die gaafste en vriendelikste gaste. Julle is enige tyd weer welkom.
Vruendelike groete,
Die eienaar Charmaine
Carina F - Okt 2018
Gemiddeld
Beeldskone omgewing, rustigheid en vrede.
Die Damhuis's terugvoer
Hi Carina, baie dankie vir jul terugvoering.
Daar moet 'n misverstand wees. Ek neem slegs een bespreking op 'n slag as gevolg van die feit dat dit 'n familie eenheid is met slegs 1 badkamer.
Wanneer die bespreking slegs uit 2 mense bestaan, hou ek die ekstra kamer met die dubbelbed gesluit.
As gevolg van 'n kansellasie van 2 mense die vorige aand, was die 2 enkels reeds as koning-grootte beddens opgemaak en het ek nie die nut gesien om die skoon beddegoed af te trek en weer met enkel beddegoed te vervang nie. Daarom het ek die ekstra kamer dus gratis vir julle by gegee.
Vriendelike groete
Jurgens Philip H - Sep 2018
Gemiddeld
Waarde vir sakpasverblyf.
Die Damhuis's terugvoer
Baie dankie vir die mooi resensie, waardeer dit opreg.
Theunis B - Jun 2018
Gemiddeld
Salig.
Die Damhuis's terugvoer
Duisende dankies vir die mooi terugvoering. Ons sien uit na jul volgende besoek.
Andries D - Mei 2018
Gemiddeld
Stil en rustige atmosfeer met tonne gasvryheid.
Die Damhuis's terugvoer
Baie dankie vir mooi resensie, ons waardeer dit opreg.
Burmiq D - Mei 2018
Gemiddeld
Peaceful and pretty.
Michele M - Apr 2018
Gemiddeld
Heerlik.
Flip J - Mrt 2018
Gemiddeld
Ruim, gasvry en skoon, blomme en wyn word gewaardeer. Het gebel oor padaanwysings. Dankie.
Riana W - Mrt 2018
Gemiddeld
Charmaine was baie gaaf en alles was wonderlik.
Die Damhuis's terugvoer
Baie dankie, ek waardeer dit baie.
Ferdie K - Feb 2018
Gemiddeld
Heerlike rustige verblyf, baie gasvrye ontvangs en heerlike ontbyt.
Die Damhuis's terugvoer
Baie dankie, waardeer dit.
Wat aanwysings aan betref, vir almal se veiligheid verkies ons dit tans om nie baie sigbaar vir vreemdes te wees nie. Ons gaan uit ons pad om vir gaste moeiteloos hier te kry. Die probleem kom egter wanneer gaste nie bereikbaar is nie.
Gloudina B - Jan 2018
Gemiddeld
Asemrowende omgewing! Vriendelikste gasvrou ooit, gemaklike ,spontaan en so tuis laat voel asof ons by vriende kuier.
Lees meerJoy V - Des 2017
Gemiddeld
Very relaxing.
Die Damhuis's terugvoer
Thank you for the review. Die Damhuis is now equipped with a Victorinox knife and several salad bowls.
Ruan B - Nov 2017
Gemiddeld
Baie goeie waarde vir geld, met pragtige verblyf en omgewing.
Gustav S - Okt 2017
Gemiddeld
Lekker gebly. Lekker mense.
Sunshine V - Okt 2017
Gemiddeld
Baie mooi skoon en rustig.
Die Damhuis's terugvoer
Baie dankie vir moeite aangegaan om vir ons terugvoering te verskaf. Aangesien dit ons by die damhuis se doelwit is om vol gradering te kry sal ek voorstelle opreg waardeer.
Yolanda S - Sep 2017
Gemiddeld
Heerlik en rustige wegbreek tussen die wynlande.
Jjn S - Aug 2017
Gemiddeld
Alles was fantasties met die beste gasvryheid wat ons so spesiaal laat voel het!
Die Damhuis's terugvoer
So bly julle het jul verblyf geniet. Dankie ook aan julle, julle het die damhuis in die perfekte toestand gelos. Kom kuier gerus weer.
Max K - Jul 2017
Gemiddeld
Uitstekende gasvryheid!
Heyn D - Mei 2017
Gemiddeld
Heerlik en rustige plaasverblyf.
Kathy D - Mei 2017
Gemiddeld
Heerlik gebly. Baie lekker snoesige bed en lekker stort.
Die Damhuis's terugvoer
Baie dankie. Ek waardeer dit.
Louis V - Apr 2017
Gemiddeld
Dit is 'n baie lekker blyplek met alles wat jy nodig het in 'n stil omgewing met vriendelike ontvangs.
Marleza D - Mrt 2017
Gemiddeld
Baie lekker.
Die Damhuis's terugvoer
Baie bly...baie dankie!
Niel B - Mrt 2017
Gemiddeld
Was heerlik en sal vir seker weer van Die Damhuis gebruik maak.
Die Damhuis's terugvoer
Baie bly...baie dankie!!
Carli V - Mrt 2017
Gemiddeld
Asemrowende omgewing, vriendelike gasvrou, gemaklike verblyf.
Lees meerDie Damhuis's terugvoer
Baie dankie! Kom gerus weer.
Sharon R - Feb 2017
Gemiddeld
Baie vriendelike, aangename verblyf.
Die Damhuis's terugvoer
Hi Sharon, dit was heerlik om jul te kon huisves. Baie dankie vir resensie, ek waardeer dit opreg. Ek het reeds onmiddelik werk gemaak van jou aanbeveling. Nogmals baie dankie!
Vriendelike Damhuis groete
Charmaine
Albert B - Jan 2017
Gemiddeld
Baie vriendelik, goeie waarde vir geld.
Die Damhuis's terugvoer
Hi Albert. Baie dankie vir die goeie resensie, aan die ligging kan ek nie veel doen nie. Ons plaas grens ongelukkig nie aan die teerpad. Wat die netheid aan betref, hier sal ek graag wil vol punte kry. Was daar enige iets wat u vir my kan uitwys wat vuil of onnet was? Nogmals baie dankie, ons is nog nuut in gasvryheidsbedryf en het dus nog baie om te leer. Groete, Charmaine
Estelle Z - Jan 2017
Gemiddeld
Netjiese, veilige verblyf op 'n plaas.
Johann T - Des 2016
Gemiddeld
Plattelandse gasvryheid op sy beste!
Lees meerDie Damhuis's terugvoer
Hi Johann, baie dankie vir goeie resensie. Aangesien ons maar onlangs begin het dra 'n resensie baie gewig. Ek sal graag wil verbeter op die punte waar ons van u n vier ontvang het en sal jul voorstelle hoog op prys stel. Hoor graag van u. Groete, Charmaine
Johan O - Des 2016
Gemiddeld
Lekker tuiskuier.
Die Damhuis's terugvoer
Johan, dankie vir die resensie, as daar enige voorstelle is waar ons kan verbeter sal ons dit baie waardeer aangesien ons maar nog nuut in die bedryf is. Groete, Charmaine
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mossiesdrift, Rawsonville, 6845, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom