Die Geel Huis Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Geel Huis Guesthouse bied B&B aan die buitewyke van Wolmaransstad. Dié gastehuis bied 'n ideale oorslaapplek vir vakansie- of sakereisigers.

Die Geel Huis Guesthouse bied 19 kamers wat elk uniek ingerig is. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed of 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Verder is daar lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe in die kamers.

Ontbyt word in die restaurant bedien en ander heerlike etes is teen ekstra koste beskikbaar. Let egter daarop dat ontbyt nie op openbare vakansiedae beskikbaar is nie. Gaste kan ook skemerkelkies by die kroeg geniet. Vir sakereisigers kan funksies op die perseel gereël word en vir kindertjies is daar trampoliens en plaasdiere om te voer. Veilige parkeerplek is aan elke kamer toegeken.

Die Geel Huis Guesthouse is net 'n paar minute se ry vanaf die middedorp met al sy wegneemeetplekke, winkels en ander geriewe. Klerksdorp is sowat 79 km van ons af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Die Geel Huis Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R680 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za