LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Die Koejawelhuisie | LekkeSlaap
+29

Die Koejawelhuisie

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R44, Gelukwaartsplaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 650 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Die Koejawelhuisie bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n rustig, werkende plaas, 7 km vanaf Porterville, 'n bekoorlike dorp aan die voet van die Olifantsrivierberg. Die plaas is omring deur koejawelboorde en graan- en kanolalande. Hier kan jy rus en saans die sterregloed bewonder terwyl jy in die KolKol-warmbad ontspan.

Dié smaakvol opgeknapte kothuis skuil in die koejawelboord en bied 'n pragtige uitsig op die omliggende berge. Dit beskik oor 1 slaapkamer en het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, en die sitkamer het 'n slaapbank vir kinders. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, groot binnebraai en 'n eetkamertafel. Die huis het ook 'n buitebraai beskikbaar. Daar is ook lugversorging vir die warm somersdae.

Daar is verskeie doendinge op die plaas, soos swem in die plaasdam, voëlkyk, bergfietsry, visvang in enige van die 3 damme, stap rondom die plaas of ontspan op die stoep. Die plaas is ideaal geleë vir daguitstappies na die omliggende dorpe. Die boeremark elke Saterdag is 'n heerlike kuierplek en bied ook 'n Parkrun. Die dorpie het ook heerlike restaurante in Porterville.

Slaapplek

’n Bespreking by Die Koejawelhuisie sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 29 resensies vir Die Koejawelhuisie
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • R44, Gelukwaartsplaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Koejawelhuisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Porterville Wes-Kaap
Vanaf R1 650
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 650
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R44, Gelukwaartsplaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAO5VLZAoF8J5l7Bm2iJxLY79jDT2tyby7tv2Oi6DqhDlPBw3Cje?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 650  per nag (vir 4 persone) 29 5 1 5 R44 Gelukwaarts Plaas 6810 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.05724 18.988561
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!