Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Koejawelhuisie

Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R44, Gelukwaartsplaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Die Koejawelhuisie bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n rustige plaas 7 km vanaf Porterville, 'n bekoorlike dorpie aan die voet van die Olifantsrivierberg. Die plaas bied 'n rustige toevlugsoord wat deur 'n koejawelboord en mielie- en kanolalande omring word. Kom ontspan in die nuwe KolKol-warmbad onder die sterre.

Die smaakvolle en privaat kothuis skuil in die middel van 'n koejawelboord en bied 'n pragtige uitsig op die omliggende berge. Dit beskik oor 1 slaapkamer en bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die sitarea het 'n slaapbank vir kinders. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, oondjie, groot binnebraai-area en 'n etenstafel toegerus. Buite is daar braaigeriewe en binne is daar 'n waaier en lugversorging.

Aktiwiteite op die plaas sluit swem in die dam, voëlkyk, voetslaan, bergfietsry, stap op die plaas en ontspan op die stoep in. Die plaas is sentraal geleë en gaste kan daguitstappies na nabygeleë dorpe geniet. Sommige naweke is daar ook 'n plaasmark op die rand van die dorp. Daar is 'n grondpad van 3,5 km, maar dis begaanbaar met enige voertuig.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 71 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Nadine J
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend, uitstekend en weerens uitstekend! Ons het ons tyd geniet by Die Koejawelhuisie. Alles was netjies en die hot tub is 'n wenner. Om in die m...
Sien meer
Apr 2024
Abrie S
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik. Dit was 'n ongelooflike naweek. Rustigheid.
Des 2023
Mieke M
Saam met lewensmaat
5.0
From beginning till end our stay was amazing. The hot tub was such a plus and we didn't have to use a lot of wood as it stayed warm. We...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Darren Q
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig en baie mooi. Wil definitief weer kom kuier.
Okt 2023
Ernistene V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties, rustig. Van my aankoms by Koejawelhuisie was dit net 'n plesier, ons kon self koejawels pluk en eet en op die plaas rond loop. Die huisie ...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Kathy Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 80

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • R44, Gelukwaartsplaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Koejawelhuisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Porterville Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R44, Gelukwaartsplaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd85f23d098b142f8c0d5751d180c1f2bc5c17ce1dd2e6273bd35533d316efc20edf88d5753b355d291b3697abcb3f3d2c429?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 4 mense 71 5 1 5 R44 Gelukwaarts Plaas 6810 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.05724 18.988561

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang