Garsfontein Akkommodasie by Die Tulp Selfsorg Woonstel | LekkeSlaap
+18

Die Tulp Selfsorg Woonstel

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Miasstraat 614, Garsfontein, 0081, Gauteng
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R490 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Die Tulp Selfsorg Woonstel het slaapplek vir 3 gaste in Garsfontein en is ideaal vir gaste wat die area of die plaaslike hospitale besoek.

Dié woonstel is bo-op die motorhuis en het 'n privaat ingang. Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en die sitarea het 'n enkelbed. Ekstra slaapplek is op versoek teen ekstra koste beskikbaar. Die woonstel het 'n badkamer met 'n stort, en linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond en yskas-vrieskas toegerus. Die wasmasjien is slegs beskikbaar vir langtermyngaste. Daar is ook 'n etenstafel en 'n sitarea. Die woonstel het nie lugversorging of verwarmers nie.

Die leefarea lei na 'n stoep met braaigeriewe en 1 parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Kuiergaste is slegs welkom indien vooraf gereël. Die eienaar woon op die perseel met troeteldiere. Slegs gidshonde is welkom. Die tuin het 'n visdammetjie en kinders moet te alle tye onder toesig wees. Geen kaartmasjien op die residensie beskikbaar is nie.

Die Tulp Selfsorg Woonstel is 1 km vanaf Denmar Spesialis-psigiatriese Hospitaal and Moreleta Square-winkelsentrum, 2 km vanaf Atterbury Value Mart, 3 km vanaf Netcare Pretoria-Oos Hospitaal en Parkview-winkelsentrum, en 6 km vanaf Mediclinic Kloof.

Slaapplek

’n Bespreking by Die Tulp Selfsorg Woonstel sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 5 resensies vir Die Tulp Selfsorg Woonstel
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Miasstraat 614, Garsfontein, 0081, Gauteng
  • Gaste dink Die Tulp Selfsorg Woonstel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R490
per nag (plek vir 3)
Vanaf R490
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Miasstraat 614, Garsfontein, 0081, Gauteng
  • Geen kinders onder 6
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAi3QtoP2MewOLg4Sp0zp5kenNoxVhvA34WQZjSehw8D22D9Sc89?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R490  per nag (plek vir 3) 5 5 1 5 614 Mias Street Garsfontein 0081 Gauteng 086 999 0018 15:00-19:00 11:00 -25.800787904551 28.30642578771
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za