Dio Dell 'Amore

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 40 % af

Kry 40% af. Geldig vanaf 21 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Dio Dell'Amore Gastehuis weerspieël die oorvloedige elegansie van Toskane en is aan die oewer van die Kabeljousriviermond in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap geleë.

Dio Dell'Amore het 8 ruim en suite-kamers met luukse geriewe wat onvergeetlike verblyf verseker. Elke kamer beskik oor lugversorging, DStv, vinnige internet, 'n kroegie, koffie- en teemaakgeriewe, 'n persoonlike kluis, 'n en suite-badkamer met stort en bad en 'n balkon of stoep met pragtige uitsigte.

Ons het 'n ten volle gelisensieerde kroeg langs Piacere Restaurant. Ontspan met 'n glasie wyn of 'n mengeldrankie na 'n besige dag in ons lieflike dorp. Sit lekker en kuier langs die kaggel met ander gaste of jou gashere, of sit bloot op die Ricordi-dek en verlustig jouself in die uitsig oor die strandmeer of die golwe. Mengeldrankies word by hierdie dek voorgesit. Gaste kan ontbyt of aandete by die Piacere Restaurante bespreek by Hein met aankoms.

Daar is nou 'n BellAmore Haarsalon op die perseel.

Gaste kan die volgende doendinge bespreek: perdry op die strand, branderplankry-lesse en sandplankry. Die perseel is minder as 5 km vanaf die Fountains Mall, Jeffreysbaai Gholfklub, Dolphin-stand, Jeffreysbaai se skulpiesmuseum en vele meer doendinge.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dio Dell 'Amore gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 R570 per nag (plek vir 2)

Kry 40% af. Geldig vanaf 21 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za