Dolphin Bay Beach Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dolphin Bay Beach Cottage is 'n bekoorlike selfsorghuis in Munster, wat reg teen die strand geleë is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf met lieflike see-uitsigte, naby verskeie besienswaardighede in die omgewing.

Dié ruim huis is smaakvol versier en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Twee van die kamers beskik elk oor 'n koningingrootte-bed en die derde kamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Al ons slaapkamers bied see-uitsigte en het ook plafonwaaiers. Die kombuis is volledig toegerus met moderne Smeg-toestelle soos 'n gasstoof en -oond, 'n koffiemasjien, 'n wasmasjien met 'n tuimeldroër, 'n skottelgoedwasser en ander toebehore.

Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Gratis WiFi is in die huis beskikbaar. Die sitkamer is langsaan die vermaakarea, met 'n boekrak en 'n teleskoop vir ingeval jy die walvisse, dolfyne of voëls wil bekyk. Hierdie area het ook skuifdeure wat oopmaak op die dek met patiomeubels en gas- en steenkool-Weberbraaigeriewe.

Die huis beskik ook oor 'n alarmstelsel met sensor-strale aan die buitekant en veilige parkeerplek is beskikbaar. Dolphin Bay Beach Cottage het trappies wat direkte toegang tot die strand bied.

Ons is na aan The Merry Crab Lodge, waar gaste gebruik kan maak van hul swembad en ander gemeenskaplike geriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Dolphin Bay Beach Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dolphin Bay Beach Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za