Dolphin Beach Eco Village Self-catering Units

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dolphin Beach Eco Village Self-catering Units is sentraal geleë in 'n rustige buurt tussen Walvisbaai en Swakopmund.

Verblyf word aangebied in 2 dorpshuise wat elkeen slaapplek vir 6 gaste het. Elke huis het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ten volle toegeruste kombuis. Die slaapkamers is elkeen ingerig met 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens of 2 driekwartbeddens, terwyl die badkamers 'n bad of 'n stort het.

Die kombuis in elke eenheid is goed toegerus vir selfsorg-doeleindes, terwyl die sitareas elkeen 'n TV, DStv en DVD-speler het. Ander geriewe sluit 'n wasmasjien, tuimeldroër, braai-area en parkeerplek in 'n motorhuis in.

Gaste kan besienswaardighede soos die Dolfynpark in die omtrek besoek of tot by Walvisbaai en Swakopmund ry om die doendinge daar te geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dolphin Beach Eco Village Self-catering Units gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za