Dolphin Escapes

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Dolphin Escapes is 'n selfsorg-woonstel in Ballito. Dis 1.5 km vanaf die gewilde Willard-strand. Die woonstelblok is in 'n rustige, tropiese tuin geleë en spog met 2 verfrissende swembaddens en 'n braai-area onder die bome.

Dié pragtige vakansiewoonstel op die tweede verdieping het 3 slaapkamers en 2 badkamers, en bied slaapplek aan 6 gaste. 'n Hysbak is ook beskikbaar. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Die kamers deel ’n tweede badkamer het 'n bad en stort-oor-bad.

Die kombuis, sitkamer en eetarea het 'n oopplan-uitleg. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. 'n Wasmasjien en tuimeldroër word voorsien. Die leefarea bied toegang tot 'n ruim balkon waar gaste op koel somersaande lekker kan kuier. DStv-Access is ook beskikbaar.

Daar is ook oorgenoeg parkeerplek buite en daar is ook toegang via 'n elektroniese hek. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie en rook is binnenshuis verbode.

Slaapplek

'n Bespreking by Dolphin Escapes sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dolphin Escapes gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 R882 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za