LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Doringbaai Home Stay | LekkeSlaap
+29

Doringbaai Home Stay

Rugsakreisigerslosies
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat, No. 2 Police House, Doringbaai, 8151, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R500 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Doringbaai Home Stay bied verblyf aan in 'n gastekamer in die eienaar se woonhuis in die unieke vissersdorpie Doringbaai aan die Weskus. Die gastekamer is die ideale basis vanwaar die omgewing verken kan word.

Verblyf is beskikbaar in 'n gastekamer met 'n hout koningingrootte-bed, 'n bedkassie met 'n bedlampie en 'n waaier. Die kamer deel die gebruik van die badkamer met 'n bad, stort en wasbak, asook 'n aparte toilet.

Die gastekamer het toegang tot die gemeeksaplike kombuis, eetarea en leefarea. Die kombuis het 'n tweeplaatstofie, 'n oond, yskas-vrieskas, mikrogolf en 'n ketel. Die eeetarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 gaste. Die sitarea het banke, 'n platskerm-TV en 'n kaggel. Daar is WiFi,

Die eiendom bied besonderse uitsigte oor die vuurtoring, die jetty waar mense visvang en 'n lieflike restaurant Fryer's Cove waar gaste ook kan wynproe. Daar is 'n seekos restaurant, Seespens, 'n drankwinkel, 'n kroeg, 'n viswinkel, 'n algemene handelaar en 'n vulstasie naby.

Die diamantbote dobber op die see rond terwyl hulle wag vir die regte dae om uit te gaan op die see om te gaan duik, kinders swem in die hawe en die vissermanne gaan daagliks uit om te gaan visvang. Daar is verskeie staproetes wat direk na Strandfontein lei, bergfietsroetes en 'n groot padfiets-area.

Slaapplek

’n Bespreking by Doringbaai Home Stay sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant

Ligging

  • Hoofstraat, No. 2 Police House, Doringbaai, 8151, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R500
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R500
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat, No. 2 Police House, Doringbaai, 8151, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa353ea7b24206708b7e8942b98adf28e0a86948a116042b8de4c145835cbe79cee01814ecb815ffdcad12995b9dc36ce9762?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R500  per nag (vir 2 persone) Main Road No. 2 Police House 8151 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -31.812311076976 18.236956000328
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!