Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Drakenzicht Mountain Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Champagne Valley, Driefontein 1389, Erfdeel 69, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R8 625 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

Drakenzicht Mountain Cottage is 'n selfsorghuis in die pragtige, natuurlike omgewing van die uKhahlamba Drakensberge, 'n bekende Wêrelderfenisgebied wat bydra tot die kenmerkende natuurlike en kuturele waarde van die area. Dit is op 20 hektaar se grond geleë en die kothuis bied 'n onbelemmerde uitsig. Gaste word omring deur majestueuse pieke, lowerryke valleie en diverse plantegroei en dierspesies.

Die huis bied slaapplek aan 9 gaste en beskik oor 4 smaakvolle slaapkamers met lugversorging, 3 en suite-badkamers en 2 aparte badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat ook omskep kan word in 2 enkelbeddens. Dié kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, dubbelwasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat ook opgemaak kan word as 2 enkelbeddens. Dié kamer se en suite-badkamer het 'n bad, stort en toilet. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat ook as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word en gaste in hierdie slaapkamer gebruik 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer het 3 enkelbeddens en is langs 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die solderkamer bied addisionele slaapplek met los matrasse en 'n ekstra badkamer met 'n stort en aparte toilet. Kraakvars linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis, eetarea en leefarea is ruim en het hoë plafonne en groot glasvensters sodat gaste die pragtige uitsig kan geniet. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n sentrale eiland met stoeltjies. 'n Wasmasjien en skottelgoedwasser is beskikbaar. Die kombuis lei na 'n eetarea wat op sy beurt na 'n lieflike sitarea lei wat gemaklike rusbanke, 'n platskerm-TV en 'n kaggel het. Gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar.

Die sitarea lei na 'n onderdakstoep wat 'n lieflike area vir kuier of ontspan is. Daar is braaigeriewe op die stoep en aan die buitewyke van die perseel en gaste word dus bederf met 'n verskeidenheid opsies vir buitekuiers in die mooi omgewing. Die stoep is ideaal vir gebruik gedurende die dag en is perfek vir 'n luilekker ontbyt, snoesige aandete of bloot vir ontspanning.

Die lowerryke grasperk bied 'n heerlike area vir pieknieks met genoeg plek vir kinders om rond te hardloop. Daar is groot bome wat skadu bied op luilekker middae en die tuin spog ook met 'n verskeidenheid voëls en blomme regdeur die jaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Drakenzicht Mountain Cottage sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 mense
3 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 1 resensie vir Drakenzicht Mountain Cottage
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Willemien Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Jaar gelys 10

Ligging

  • Champagne Valley, Driefontein 1389, Erfdeel 69, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Drakenzicht Mountain Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R8 625
per nag (plek vir 9)
Vanaf
Vanaf R8 625
per nag (plek vir 9)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Champagne Valley, Driefontein 1389, Erfdeel 69, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA777674a3ca0246f447cda2fe3a5f810bace989e10f91d8dd040ab482daae03561fa831d73199b8ae75df4ff92f7f4635b13c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 625 per nag (plek vir 9) 1 5 1 5 Champagne Valley Driefontein 1389, Portion 69 3340 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.994215182952 29.447114467621
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem