Dream Stop Guest Rooms

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dream Stop Guest Rooms is by die Bult in Potchefstroom geleë. Die perseel is ideaal geleë naby die Noord-Wes Universiteit en die Mediclinic. Dis stapafstand vanaf die besige studente-area, restuarante, koffiewinkels, en Virgin Active-gimasium. Mooimed Privaathospitaal en Medicare Hospitaal is ongeveer 2 km vanaf die gastehuis en daar is talle besienswaardighede binne 'n radius van 5 km.

Verblyf by Dream Stop Guest Rooms bestaan uit 3 gastekamers wat apart of saam bespreek kan word vir 'n groep van 6 gaste. Die kamers is in 'n aparte woonstel met 'n privaat ingang. Elke kamer het 2 enkelbeddens en bied 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die 3 kamers deel 'n kombuis vir selfsorg. Daar is onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeer hek.

Boonop het elke kamer 'n gemaklike rusbank, 'n werkspasie, gratis WiFi, TV (eksklusiewe DStv) en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste het ook toegang tot 'n gemeenskaplike kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, braaipan, broodrooster, eetgerei en breekware, asook 'n houer met gefiltreerde water. Daar is 'n binnehof met tafels en stoele wat gaste gerus kan gebruik.

Die gashere, Jan en Ronel, bly op die perseel en is altyd beskikbaar om vrae te beantwoord en hulp te verleen.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dream Stop Guest Rooms gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]