Dreamstay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dreamstay bied luukse sakpasverblyf in 'n rustige en veilige woonbuurt in Upington. Dreamstay is sentraal naby Upington Medi-Clinic, skole en die Kalahari winkelsentrum, asook die N14 geleë. Gaste kan 'n rustige stappie in dié veilige woonbuurt geniet.

Elke ruim en moderne kamer het lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n stort, handdoeke en badkamergeriewe. Die kombuisie is met 'n mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dreamstay spog met ortopediese-matrasse met 100% perkallinne, 'n werkspasie of spieëltafel, vinnige onbeperkte WiFi, volle DStv en 'n 40-duim HD LED-TV. Ideaal vir sakereisigers.

Middag- en aandete kan versoek word en gaste kan buite eet en die lieflike tuin geniet en in die winter binne langs die kaggel ontspan. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Die perseel mag gehuur word vir klein konferensies of raadsvergaderings, asook privaat funksies. Dit sluit die buiteterras wat oor die tuin en stoep uitkyk, in. Dit is regtig 'n spesiale en unieke plek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniek-middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dreamstay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false