Duin in die Weg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Duin in die Weg is ’n gasteplaas sowat 70 km buite Upington op die N10. Dit word omring deur Kalahari-veld, 700 m van die Oranjerivier af. Dit is ideaal vir gaste wat na Upington, Namibië of die Kgalagadi reis.

Daar is verskeie verblyfsopsies wat wissel van oornagkamers tot selfsorg-eenhede. Daar is lugversorgers in alle kamers. Elke gebou, kamer en chalet het 'n naam wat afgelei is van die inheemse bome en bosse wat by ons voorkom en sluit Kameeldoring, Lemoendoring en Soetdoring in.

Daar is ook ’n kampterrein op gras onder die pragtige kameeldoringbome. Elektrisiteit is beskikbaar op elke kampterrein, asook waterpunte met skoon, boorgatwater. Die ablusiegeriewe het warm en koue water. Daar is wasbakke vir skottelgoed regs langs die ablusieblokke.

Ontbyt kan gedurende die week gereël word. Braaigeriewe is beskikbaar vir alle kamers, chalets en kampplekke. Wingerdhout is te koop vir daardie spesiale Noord-Kaapse atmosfeer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Duin In Die Weg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R350 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false