Dumehlezi

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dumehlezi is omtrent 9 km vanaf die hoofstrand in Sodwana geleë. Daar is 8 selfsorg-eenhede, van eenslaapkamer oopplan-eenhede tot drieslaapkamereenhede. Sodwanabaai is 'n paradys met helderblou water en goue strande wat dit 'n unieke vakansie-ervaring maak. Sodwana is die perfekte vakansiebestemming vir duik-entoesiaste!

Die eenhede verskil, maar hulle beskik almal oor 'n ten volle toegeruste kombuis, lugversorging, 'n TV met beperkte DStv en eetkamerarea. Die geriewe op die perseel sluit 'n braaiplek, trampolien, swembad en speelplek vir die kinders in. Ons flink en gerieflike skoonmaakdiens word ingesluit en skoonmakers het hul eie sleutels vir die eenhede. Te danke aan die groot erf sal jy privaatheid kan geniet in jou eie huis en daar is oorgenoeg plek vir die familie om saam te kuier. Die elektriese heining is 24/7 aangeskakel vir gaste se veiligheid.

Dumehlezi in Sodwana is perfek geleë vir gaste wat in die hartjie van Sodwanabaai wil ontspan. Dis ideaal vir skubaduikers, want hierdie baai is 'n weergalose duikplek in Suid-Afrika. Sodwanabaai is geleë aan die kus van St. Lucia-park met ongerepte strande en welige kuswoude met volop voëllewe en boksoorte.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dumehlezi gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R450 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za