Dumela Flat 1

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dumela Flat 1 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Manaba in Margate. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en 'n verskeidenheid doendinge.

Die woonstel is op die grondvloer geleë beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en ander toebehore. Die oopplan-eetkamer en -sitkamer het gemaklike sitplek met 'n platskerm-TV met DStv-toegang (bring net jou eie slimkaart en dekodeerder).

Die sitkamer het 'n skuifdeur wat op die stoep oopmaak met gedeeltelike uitsigte oor die strand aan die een kant en die kompleks aan die ander kant. Die kompleks het ook 2 braai-areas en 'n swembad, 'n plonspoel vir die kinders, tennisbaan en speletjieskamer vir gaste om te gebruik.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig en die woonstel is net 'n kort entjie se ry van heelwat doendinge af soos die Wildekus, San Lameer Gholfbaan, die bekende Oribi Gorge-park en die wêreldbekende "big swing" by Oribi Gorge en soveel meer.

Slaapplek

'n Bespreking by Dumela Flat 1 sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dumela Flat 1 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za