Dumela Flat 16

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dumela Flat 16 is in die Dumela Vakansieoord in Margate aan die wonderskone Hibiskus-kus geleë. Die streek is veral bekend vir sy vriendelike mense. Dumela Vakansieoord is met trots een van die beste gesinsoorde aan die Natalse Suidkus, met verskeie geriewe op die perseel. Dumela Flat 16 bied 'n pragtige area wat uitkyk oor Margate se goue, noordelike strand met sy haainette en warm Indiese Oseaan-water. Daar is ook 'n gesinswembad, peuter-plonspoel, 'n kuierarea met 'n grasdak en braaigeriewe.

Hierdie woonstel is op die eerste verdieping geleë en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n balkon wat oor die kinderarea uitkyk met 'n see-uitsig in die verte. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n stel stapelbeddens en 1 enkelbed. Bababedjies is beskikbaar op versoek teen geen ekstra koste nie.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, 'n stoof, 'n oond en 'n mikrogolfoond. Die leefarea het 'n sitkamerstel en 'n TV.

Daar is veilige onderdakparkeerplek en 'n area waar gaste self hul motors kan was. Ander geriewe in die oord sluit 'n sauna, gimnasium, sonbed, trampolien, speelgrond, veerpyltjiebord, tafeltennis en pooltafels in. Daar is ook 'n wegstuur-wasgoeddiens beskikbaar wat sal verseker dat gaste se wasgoed gewas en gestryk word op dieselfde dag.

Alhoewel die area bekend is as die Hibiskuskus, is dit ook bekend as die Gholf-kus. Daar is 6 beeldskone gholfbane binne 'n halfuur se ry van die verblyf af.

Slaapplek

'n Bespreking by Dumela Flat 16 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dumela Flat 16 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za