Dumela Flat 33

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dumela Flat 33 is in die Dumela Holiday Resort op die glorieryke en vriendelike Hibiskuskus geleë. Die oord is trots om bekend te staan as een van die mees gesogte gesinsoorde op Natal se Suidkus met verskeie geriewe op die perseel, wat 'n beeldskone uitsig oor die haainette van die goue, noordelike strand van Margate, bied. Dit grens aan die warm Indiese Oseaan en beskik oor 'n swembad, 'n swembadjie vir die kinders, rietdak droë-kroeg en braaigeriewe.

Hierdie woonstel, wat op die tweede vloer geleë is, bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n balkon met 'n see-uitsig. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 stapelbeddens. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, stoof, oond en mikrogolf. Die leefarea beskik oor rusbanke en 'n TV. Gratis bababeddens is beskikbaar op aanvraag.

Daar is veilige, onderdakparkeerplek en selfsorg-geriewe om jou motor te was. Ander geriewe sluit 'n sauna, gimnasium, sonbed, wipmat, speelpark, veerpyltjiestel, en tafeltennis- en pooltafel in. Daar is verder ook 'n uitstuur-wasgoeddiens wat reeds op dieselfde dag jou was- en strykgoed sal versorg.

Buiten dat die area bekend is as die Hibiskuskus, is dit ook bekend as die gholfkus. Daar is 6 uitstaande gholfbane binne 'n halfuur se ry en vele meer binne 'n uur se ry weg.

Slaapplek

'n Bespreking by Dumela Flat 33 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Kamergeriewe

  •  Sitkamer

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dumela Flat 33 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za