Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dunes 77

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Keurboomstrand-weg, The Dunes Hotel and Resort Eenheid 77, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 5
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Dunes 77 is 'n moderne dubbelverdieping-selfsorghuis in die veilige Dunes Hotel and Resort in Keurboomstrand. Die oord is sowat 7 km van Plettenbergbaai, 56 km van die Tsitsikamma Nasionale Park en 110 km van George se lughawe af op die prentjiemooi Tuinroete.

Dunes 77 het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Daar is 2 slaapkamers en 1 badkamer bo. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die badkamer. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea, asook die tweede badkamer is onder. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met eetgerei, breekware, kookgerei, 'n elektriese oond en stoof, 'n mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Daar is sitplek vir 6 gaste rondom die etenstafel en die sitarea het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die slaapbank in die leefarea het genoeg plek vir 2 klein kinders. Daar is 'n lessenaar met 'n kragpunt vir jou skootrekenaar en gaste word van 7,5GB se komplimentêre data voorsien.

Dubbeldeure lei na 'n privaat, omheinde tuin met 'n onderdakbraai, buitesitplek en 'n toegeboude motorafdak vir 1 voertuig. Die eenheid se skoonmaak kan teen ekstra koste gereël word.

The Dunes Hotel and Resort het 2 swembaddens, 'n speelplek vir kinders en 24 uur-sekuriteit. Daar is 'n privaat uitkykdek waar gaste skemerkelkies kan geniet of die walvisse en dolfyne in die baai sien. 'n Kort stappie neem jou al langs 'n geplaveide paadjie na die Blouvlagstrand. Die strand is skoon, veilig en word omring deur ongerepte, inheemse kuswoud omring. Tydens spitsseisoen is daar lewensredders aan diens.

Aktiwiteite in die omgewing sluit in visvang, walvis- en dolfynkyk, riviervaarte, bootvaarte, kanovaart, voëlkyk, voetslaan, perdry, gholf, bergfietsry, fietsry, reksprong, vryval, wildkyk, wildritte, wynproe, nasionale parke, natuurreservate, talle diere- en voëlparke, toevlugsoorde vir diere, 'n legkaartpark en waterglybaanparke.

Let asb. daarop dat geen bespreking vir Plett Rage word aanvaar nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Dunes 77 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Kinderbank vir 2
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xKinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir Dunes 77
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Richard Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Jaar gelys 3

Ligging

  • Keurboomstrand-weg, The Dunes Hotel and Resort Eenheid 77, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dunes 77 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Keurboomstrand-weg, The Dunes Hotel and Resort Eenheid 77, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 5
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa7af67825593de36699286d62740d78dd6c9da07038b391b47fbb2c4206828ce0daaa281593626fe5cb3635fd32741dc6889?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 950 per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 Keurboomstrand Road The Dunes Hotel and Resort Unit 77 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.010399081491 23.423088896214
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem