D'Urbanmist

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

D'Urbanmist bied selfsorg-eenhede in 'n gastehuis en is in Durbanville geleë. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf, hetsy vir 'n sakereis of vakansie, na aan verskeie besienswaardighede in die Kaapse Wynlande.

Ons bied verblyf in 6 eenhede, elkeen smaakvol en uniek gemeubileer. Die eenhede bied elkeen slaapplek vir 2 tot 4 gaste en elke kamer het óf 'n dubbelbed óf 2 enkelbeddens. Elkeen van die eenhede het 'n goed toegeruste kombuis met die nodige toebehore om maaltye voor te berei. Geriewe in die kamers sluit lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe in.

Ons het ook gemeenskaplike braaigeriewe en 'n rugsteun-kragopwekker en daar is 'n swembad waar jy kan afkoel in die somer. Ons bied ook 'n konferensielokaal aan sakereisigers wat bespreek kan word vir tot 100 afgevaardigdes.

Daar is veilige parkeerplek vir jou motor en ons is na aan verskeie winkels, restaurante, wingerde en wynproelokale en ander geriewe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na D'Urbanmist gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za