D.V. Engelhijs

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 15 Apr 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Verblyf reg by die see! Stap net oor die straat ..... dan is jy op die strand! Word wakker met die geruis van die see wat so te sê op jou voorstoep is! Geniet 'n skemerkelkie op die stoep terwyl jy die sonsondergang dophou. Die eenheid is stapafstand van verskeie restaurante af geleë. D.V. Engelhijs bied gerieflike selfsorgverblyf in die pragtige historiese vissersdorpie Paternoster, met sy afgewitte huisies, lang uitgestrekte strande en asemrowende sonsondergange.

Verblyf word in smaakvol ingerigte eenhede, wat met spesiale kunswerke versier is, gebied. Die eenhede beskik oor slaapkamers met koningingrootte-beddens, badkamers en kombuise wat vir selfsorg toegerus is. Elke eenheid het 'n TV, sy eie ingang, asook 'n privaat patio en braai-area. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Gaste het ook toegang tot parkeerplek op die perseel voor die huis.

Paternoster bied verskeie doendinge, soos seil, seilplankry, perdry en kajakvaart. Gaste kan die Cape Columbine Natuurreservaat, sowat 20 minute weg en die Weskus Natuurreservaat, sowat 45 minute weg, besoek. Vir die gholf-entoesiaste is daar 'n gholfbaan in Langebaan, sowat 'n halfuur weg en een in Shelley Point, wat net 20 minute ver is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na D.V. Engelhijs gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 R935 per nag (plek vir 2)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 15 Apr 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za