Dyer Island View by Salted Fynbos Staying
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 16 Mei 2024 tot 12 Jun 2024.
- Kapasiteit: 11 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cilliersstraat 41, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R3 000R2 000 per nag (plek vir 11)
Beskrywing
Dyer Island View by Salted Fynbos Staying bied verblyf in 'n ruim vakansiehuis in Franskraal en dit spog met 'n uitsig oor die see en oor die Dyer-eiland. Dit is ideaal vir 'n groot gesin of 'n groep vriende.
Die huis bied slaapplek aan 10 volwassenes en 1 kind en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Twee van die slaapkamers het elk 2 enkelbeddens, 1 slaapkamer het 'n dubbelbed en die oorblywende 2 slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed. Een van die slaapkamers het ook 'n kinderbank. Een van die badkamers het 'n bad en 'n stort en die ander 2 badkamers het net storte. Linne en badhanddoeke word voorsien. 2 van die 5 slaapkamers het deure wat na buite lei.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, lugbraaier, ketel, broodrooster en 'n yskas-vrieskas toegerus en het 'n eiland met stoele. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër is in die aparte opwaskamer beskikbaar. Die leefarea het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv, 'n eetarea en 'n binnebraai. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Buite is daar 'n toegeboude kuierarea met 'n ingeboude braai. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek in outomatiese motorhuise met ruimte vir 3 voertuie en parkeerplek vir 'n vierde voertuig agter die hek. Die huis het 'n rugsteunsonkragstelsel wat outomaties elektrisiteit aan basiese elektroniese toestelle tydens kragonderbrekings verskaf.
Slaapplek
’n Bespreking by Dyer Island View by Salted Fynbos Staying sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Sanmarie Geverifieer
Eiendomme 20
Resensies 16
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Cilliersstraat 41, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Franskraal Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 11 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cilliersstraat 41, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom