Hermanus Akkommodasie by Eastbury Cottage | LekkeSlaap
+43
+43

Eastbury Cottage

8 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Luytstraat 36 , Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Eastbury Cottage bied selfsorgverblyf en 'n B&B-opsie, en is in Eastcliff, Hermanus, geleë. Dié gewilde vakansiedorp skuil aan die Wes-Kaap se suidkus en is wêreldbekend vir fantastiese walviskyk-geleenthede vanaf die land en see. Die natuurskoon, matige klimaat, buitelug-doendinge, ryk plantegroei en ligging naby Kaapstad, maak dit die ideale basis vanwaar jy die Kaapse Overberg kan verken.

Verblyf word gebied in 4 eenhede met slaapplek vir 2 tot 4 volwassenes in elke individueel versierde eenheid. Elke kamer het 'n tweeplaat-gasstoof, yskassie, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Ander kamergeriewe sluit 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler en WiFi in. Daar is komplimentêre toiletware en tee- en koffiemaakgeriewe, en linne en handdoeke word voorsien. Strandhanddoeke is op versoek beskikbaar.

Eastbury Cottage se ligging is sentraal en dis net 'n entjie se stap vanaf restaurante, winkels, die kranspaadjie teen die kus, die Marine-getypoel, die hawe en ander geriewe.

Kenmerke

Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 8 resensies vir Eastbury Cottage
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Luytstraat 36 , Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Eastbury Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Luytstraat 36 , Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgxYzAzZWMzLWJlZWUtNDQ1NC1iN2NhLTczMzIxZjllODcyNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 8 5 1 5 36 Luyt Street Eastcliff 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.413268 19.245794
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za