Easy Stay - Vantage 418
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tyrwhitt-laan 23, Rosebank, 2196, Gauteng
- Vanaf R1 450 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Easy Stay - Vantage 418 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvolle woonstel in die The Vantage-kompleks in Rosebank. Die kompleks is net 850 m vanaf die Rosebank Mall en 'n aantal restaurante in die omgewing.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en gaste deel 'n badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, stoof, broodrooster, wasmasjien en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel emt 2 stoele en die sitarea het 'n TV met Netflix en YouTube. Hierdie area lei na 'n stoep met buitesitplek.
Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar. Die woonstelblok is naby die Johannesburg Stadion en Gold Reef City. Die naaste lughawe is O.R. Tambo Internasionale Lughawe wat 24,1 km ver is.
Kamer-opset
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Easy Stays Geverifieer
Eiendomme 44
Resensies 26
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Tyrwhitt-laan 23, Rosebank, 2196, Gauteng
Sien meer verblyf in Rosebank Parktown Noord Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tyrwhitt-laan 23, Rosebank, 2196, Gauteng