Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ebonymoon Guest House

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Du Toitstraat 19, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ebonymoon Guest House is 'n privaat plattelandse woning in die dorpie Porterville, met 'n uitsig oor ’n skilderagtige en rustige tuin waar gaste kan ontlaai en ontspan. Dit is ideaal vir gaste wat na 'n oornagplek op soek is en dit is naby aan verskeie besienswaardighede in die Swartland.

Gerieflike verblyf word in 3 gastekamers gebied en dit is geskik vir tot 6 gaste. Al die kamers het en suite-badkamers en het toegang tot die gastehuis se verskeie geriewe, insluitend 'n swembad, tuin, stoeparea, eetkamer, sitkamer en gratis onbeperkte WiFi. Daar is sonstoele met sonsambrele en swemhanddoeke word voorsien.

Daar is parkeerplek op die perseel en troeteldiere word oorweeg, mits vooraf gereël.

By Ebonymoon kan gaste uitsien na 'n vriendelike en hartlike ontvangs in 'n ontspanne en huislike atmosfeer. Die gastehuis bied verskeie ete-opsies op versoek. Die tuisgemaakte etes is gewild onder gaste met verskeie klassieke Suid-Afrikaanse en Europese disse en die gebruik van vars seisoenale bestanddele. Gaste kan van die braai-area gebruik maak. Ontbyt word in die eetkamer of op die stoep bedien, afhangend van die weer.

Vir die gaste wat die omgewing wil verken kan die gastehuis hulp verleen met die besprekings van gholf, restaurante, wynplaas-besoeke en daguitstappies. Begeleide toere in die wylande asook 'n pendeldiens na die lughawe en motorverhuurings kan ook gereël word. Daar is baie om in die Groot Winterhoek te doen, insluitend verskeie dag- en oornagstaproetes, kristalhelder bergpoele en bergfietsry. Daar is 'n gholfbaan net 'n uur ver soos Paarl, Boschenmeer Gholfklub en Paarlvallei Gholflandgoed, asook die 9 putjie-gholfbaan in Porterville.

Ebonymoon Guest House is 155 km vanaf Kaapstad op die N7-hoofweg.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 27 resensies vir Ebonymoon Guest House
Netheid
4.3/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Du Toitstraat 19, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ebonymoon Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Porterville Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Du Toitstraat 19, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA94e2f6f8bafabc4e91b185c13e98b4f6e66106d32b8c621ff1e7215cde0149c557e2cffa20d774c4313946a7286f231d5e21?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 27 5 1 5 19 Du Toit Street Porterville 6810 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.013462546175 18.996794915345