Bloubergstrand Akkommodasie by Eden On The Bay 238 | LekkeSlaap
+29

Eden On The Bay 238

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto Du Plessis-rylaan, Eden On The Bay 238, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 050 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Eden On The Bay 238 is 'n selfsorg-vakansiewoonstel in die inkopie- en leefstylkompleks, Eden on the Bay, in Big Bay, Bloubergstrand. Dis die ideale verblyf naby die see en dis in 'n veilige kompleks met 'n uitsig op Tafelberg.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gastebadkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur.

Die sitkamer bied toegang tot 'n balkon met 'n gasbraai en 'n uitsig oor die omgewing en 'n stukkie van die Atlantiese Oseaan.

Slaapplek

’n Bespreking by Eden On The Bay 238 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Ligging

  • Otto Du Plessis-rylaan, Eden On The Bay 238, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto Du Plessis-rylaan, Eden On The Bay 238, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA838d74e685c631458eebe08f0f14dbb125d15676ec88ef48416ffeacf006b9a58a57aed7007c4ffe318b128e855cb9bb555f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 050  per nag (plek vir 4) Otto Du Plessis Drive Eden On The Bay 238 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.7922815 18.4578832
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za