Eight Palms

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Eight Palms bied 3 lieflike eenhede in die hartjie van Port Edward. Dis net 500 m vanaf die hoofstrand en 200 m vanaf winkels en restaurante.

Die kothuis bied gemaklike beddens en selfsorggeriewe aan 6 gaste. Verkieslik 4 volwassenes en 2 kinders, aangesien die derde bed ’n dubbelslaapbank. Die kombuis is volledig toegerus met ’n tweeplaatstoof, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, koffie- en teestasie, eetgerei, breekware, potte, panne, bakke ens. Die oopplan-sitarea en -eetarea het ’n tweede bed en slaapbank.

Die etenstafel het sitplek vir 6 en die sitarea het ’n platskerm-TV met volledige DStv, asook gratis WiFi. Die eenheid het ’n lieflike buitebraai-area en pragtige tuin waar die kinders kan speel.

Die Dubbel En suite-tuinkamer 2 beskik oor ‘n dubbelbed, ekstra matrasse en bababed wat op versoek teen ekstra koste voorsien kan word. Die badkamer het ‘n bad en stort en handdoeke word voorsien. Die kamer is semi-selfsorg met ’n yskassie, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware, asook braaigeriewe. Daaglikse skoonmaakdiens, DStv en gratis WiFi is beskikbaar. Dié eenheid het ook ‘n gedeeltelike see-uitsig en lieflike tuin-uitsig met ‘n privaat stoep net langs ’n voëlhok met klein voëltjies.

Die Dubbel en suite-tuinkamer 3 het ‘n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, ekstra matrasse en ‘n kot wat beskikbaar is op versoek. Die badkamer het ‘n stort en handdoeke word voorsien. Die kamer is semi-selfsorg met ’n yskassie, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware, asook braaigeriewe. Daaglikse skoonmaakdiens, DStv en gratis WiFi is beskikbaar. Dié eenheid het ook ‘n gedeeltelike see-uitsig en lieflike tuin-uitsig met ‘n privaat stoep.

Port Edward skuil tussen die Indiese Oseaan en KwaZulu-Natal se heuwels, en bied ‘n oorvloed strande, natuurreservate en voetslaanroetes. Doendinge en trekpleisters sluit fietsry, voetslaan, gholf, watersport, Water World-pretpark, Wild Coast Casino, natuurreservate, haaihokduik, koffieplaas, vuurtoring, visvang, Oribikloof zipline en diepseevisvang in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eight Palms gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false