Ekudeni Country Venue

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ekudeni Country Venue is 'n eksklusiewe lodge en venue waar wild wei en jy 'n ware Afrika-ervaring sal kry. Ekudeni Country Venue is in Muldersdrift, net 30 minute se ry buite Johannesburg en Pretoria, en 10 minute vanaf Lanseria Lughawe en Cradlestone Mall. Dis in 'n wonderlike, vreedsame en natuurlike omgewing in die Cradle Moon-bewarea met verskeie buitelug-doendinge. Dié prentjiemooi eiendom is 33 ha groot en bied die perfekte wegbreek aan jonk en oud.

Die ontspanne atmosfeer en vriendelike personeel dra by tot 'n heerlike en onvergeetlike ervaring.

Die verblyf word omring deur die natuur en bied absolute rus en vrede. Elke kamer het 'n en suite-badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n swembad op die perseel.

Ekudeni Country Venue bied ook 'n unieke Afrika Zonki-sjebeen waar jy 'n tradisionele Afrika-ervaring kan geniet, sommer lekker kan kuier en ontspan.

Die venue is ideaal vir boskonferensies, spanbou, rustige wegbreek, vakansie, troue, privaat funksie of spesiale geleentheid. Daar is funksielokale en 5 konferensiekamers op die perseel.

Hier kan jy die sonsondergang oor die berg bewonder, tot by die rivier stap, kyk hoe bokke, kameelperde, wildebeeste en sebras wei, en Ekudeni se hart en siel ontdek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ekudeni Country Venue gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R810 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false