Emahlathini Guest Farm
- Kapasiteit: 26 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Houdkop k19, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Emahlathini Guest Farm is 28 km buite Piet Retief naby die Swaziland-grens geleë. Dit is ideaal vir 'n enkel-reisiger, gesinne of gaste wat vir besigheid reis op pad na Swaziland, Mosambiek of Natal, of diegene wat op soek is na 'n wegbreek uit die stad.
Verblyf word in die volgende eenhede wat elkeen slaapplek vir 4 het aangebied: Hippo, Rhino Family en Elephant Family. Die Butterfly- en Chameleon-eenheid het elkeen slaapplek vir 3 gaste, die Fish- en Giraffe-eenheid het elkeen slaapplek vir 2 gaste en die Buffalo Family-eenheid het slaapplek vir 7 gaste. 3 van die eenhede is oopplan, 1 het 2 slaapkamers en al die eenhede het kombuis, braaigeriewe en lapas.
Ontbyt en aandete is op versoek beskikbaar en moet vooraf bespreek word.
Emahlathini Guest Farm is omring deur berge wat ideaal is vir voetslaan, fietsry en vierwielmotorfietsry deur die plantasies. Gaste moet hulle eie fietse e vierwielmotorfietse saambring. Kinders die plaasdiere besoek, op die klimraam speel en op die trampolien spring.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Baarshengel
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.9/5
pieter Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 32
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Houdkop k19, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
- Gaste dink Emahlathini Guest Farm het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Piet Retief Mkhondo Mpumalanga
- Kapasiteit: 26 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Houdkop k19, Piet Retief, 2380, Mpumalanga