En Route Guest House
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vlakfontein Plaas, Trompsburg, 9913, Vrystaat
- Vanaf R600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
En Route Guest House is op 'n plaas net 6 km vanaf die N1, buite Trompsburg, geleë. Dit is die ideale halfpad-stopplek tussen Kaapstad en Johannesburg.
Verblyf by die gastehuis is beskikbaar in verskeie opsies. Sommige kamers deel 'n gemeenskaplike kombuis terwyl twee kamers hul eie kombuis het. Daar is ook `n gemeenskaplike TV, met al die DSTV kanale. Elke kamer beskik oor 'n elektriese kombers, verwarmer en waaier. Linne en handdoeke word voorsien, asook koffie en tee.
Die gemeenskaplike kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffiedompelpot, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. `n Vierkant met braaigeriewe is ook beskikbaar.
Kom geniet die stille atmosfeer van die plaas, met `n tuin waar gaste heerlik kan ontspan. Die plaas het 'n elektriese heining en voorsien dus veilige oornagverblyf.
Die pad vanaf Trompsburg tot by En Route Guest House is 'n primêre grondpad en glyerig wanneer dit nat is.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- Skootrekenaar-projektor
- Televisie
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Wilma Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 148
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Vlakfontein Plaas, Trompsburg, 9913, Vrystaat
- Gaste dink En Route Guest House het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Trompsburg Karoo Vrystaat
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vlakfontein Plaas, Trompsburg, 9913, Vrystaat