Suurbraak Akkommodasie by Ernadoon se Plek | LekkeSlaap
+16
+16

Ernadoon se Plek

3 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R900 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Hoofweg (oorkant St Michael's Anglikaanse Kerk), Suurbraak, 6743, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Ernadoon se Plek bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n semi-losstaande kothuis in Suurbraak. Die kothuis is deel van 'n huis wat aan die hoofpad grens, oorkant die Anglikaanse Kerk, langs die plaaslike Xairu-handelaar en die Buffeljagsrivier. Geniet die eenvoudige plaaslewe met pragtige uitsigte op die Langeberge.

Die kothuis beskik oor 'n groot sitkamer en eetkamer met 'n driekwart-dagbed en 'n enkelbed, 'n privaat slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, 'n badkamer met 'n toilet, en 'n kombuis. Die stoep is die ideale plek waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet en na die bloukraanvoëls en oopbekooievaars wat in die lug baljaar kan kyk, terwyl die janfrederiks, muisvoëls en verskeie suikerbekkies die inheemse blomme en insekte in die tuin uitsoek vir ete. Die tuin word met die gashere gedeel as hulle tuis is. As die gashere nie daar is om jou te verwelkom nie, sal hulle vriend, Bertie Olivier, daar wees om jou na jou akkommodasie te vergesel. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek en WiFi.

Die pragtige dorpie word beskut deur massiewe eikebome en dit is aan die voet van die Langeberge aan die suidelike punt van die Tradouwpas. Die berge het 'n ryk fynbos- en voëllewe en die veepaadjies dien as bergroetes vir voetslaners, bergfietsryers en voëlkykers. Daar is begeleide toere in die dorp en berge, en die perdritte en perdekarritte wat in dié geweste beskikbaar is herinner besoekers daaraan dat tyd stilgestaan het in Suurbraak. Daar is basiese braaigeriewe langs die rivier met asemrowende poele.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir Ernadoon se Plek
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Hoofweg (oorkant St Michael's Anglikaanse Kerk), Suurbraak, 6743, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ernadoon se Plek het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Hoofweg (oorkant St Michael's Anglikaanse Kerk), Suurbraak, 6743, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY4M2VlMjc1LWRkYWYtNGQ2Mi04YTI5LWUzOTZjZTdjNDNhZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 4 persone) 3 5 1 5 Main Road (opposite St Michael's Anglican Church) Suurbraak 6743 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 12:00 -34.003929977925 20.655270626984
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za