Hartenbos Akkommodasie by Esterhuys | LekkeSlaap
+14
+14

Esterhuys

  • Vanaf R1 550 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 18c Magersfontein Laan, Hartenbos, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Esterhuys is 'n bekoorlike vakansiehuis in die kusdorpie Hartenbos. Dis slegs 'n hanetreetjie vanaf die strand en is die ideale vakansiehuis vir 'n gesin met jong kinders.

Die huis het 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer beskik elk oor 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het net 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad en 'n stort. Die badkamers het elkeen ook 'n toilet en 'n wasbak.

Die huis het 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is volledig toegerus met 2 yskaste, 'n diepvrieskas, 'n mikrogolfoond, oond, 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die leefarea bestaan uit 'n sit- en eetarea. Die leefarea lei na 'n ruim, gedeeltelik bedekte veranda met meer as genoeg sitplek en 'n ingeboude braai. Die huis het ook 'n platskerm-TV met 'n DStv-koppelpunt. Bring asb. jou eie DStv-dekodeerder en -slimkaart, maar ons kan ook die DStv aktiveer, teen ekstra koste, op versoek. Alle linne word voorsien, maar bring asb. jou eie handdoeke saam.

Die huis is sowat 300 m vanaf die plaaslike pretpark geleë en net 'n straat van die strand af. Ander doendinge in die omgewing sluit 'n groot binnenshuise, verhitte swembad, gholfbane, putt-putt en verskeie historiese en kulturele besienswaardighede in.

Slaapplek

’n Bespreking by Esterhuys sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koningingrootte-bed Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xStapelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 11 resensies vir Esterhuys
Netheid
4.3/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • 18c Magersfontein Laan, Hartenbos, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Esterhuys het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 550
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 550
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 550
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 18c Magersfontein Laan, Hartenbos, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE5ODg0NmI4LTcwNDctNGIxMy04YWNlLWJkY2VkNGY3ODA1NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 550  per nag (plek vir 8) 11 5 1 5 18c Magersfontein Avenue Hartenbos 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.129916 22.114331
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za