+16

6 gaste

2 slaapkamers

3 beds

2 badkamers

  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 1 Beach Boulevard, Estoril Unit 6, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Estoril 6 is in 'n veilige kompleks by Diaz-strand in die bekoorlike hawedorp Mosselbaai geleë. Hierdie streek spog met 'n matige klimaat die hele jaar lank, pragtige strande en 'n rits natuurlike, kulturele en historiese besienswaardighede wat dit 'n ideale vakansiebestemming vir gesinne en vriende maak.

Die woonstel op die grondverdieping bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed. Daar is ook 'n enkelslaapbank in die sitarea. Die eerste badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet en die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien toegerus en het 'n toonbank en stoele. Die leefarea bied gemaklike sitplek, 'n TV met DStv en 'n etenstafel met sitplek vir 4.

Die woonstel lei na 'n privaat stoep met braaigeriewe. Alle gaste het toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad en veilige parkeerplek op die perseel. Nabygeleë besienswaardighede sluit Botlierskop Wildreservaat, Tuinroete Nasionale Park, verskeie wynlandgoedere en die Bothastrand- en Groot-Brakrivier Museum in.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.2
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.5
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Zenobia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 1 Beach Boulevard, Estoril Unit 6, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Estoril 6 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 6)
Bespreek

1 Beach Boulevard, Estoril Unit 6, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYV80B6ORh684F1XGW7eob2CseKWzIoz9CGrvpbrSPktnUSviHD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 1 Beach Boulevard Estoril Unit 6 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.161029113937 22.109065947636

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang