Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ether Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bridoon-singel 5, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ether Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in Houtbaai. Dié bekoorlike kothuis front noord en skuil in 'n groot inheemse tuin met 'n pragtige uitsig. Ether Cottage is hoog teen die berg en kyk uit oor Tafelberg se rug en Oranjekloof Natuurreservaat.

Verblyf word in 2 eenhede, die kothuis en die hoofhuis, gebied. Die kothuis is langs die hoofhuis en bied slaapplek aan 4 gaste. Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer met 'n bad en stort, en 'n oopplan-kombuisie en -leefarea. Daar is ook 'n privaat dek. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die leefarea bestaan ​​uit die kombuisie, 'n klein etenstafel en stoele, en 'n sitarea met 'n Apple-TV met Netflix. Gaste het toegang tot 'n aparte ingang, gratis WiFi en veilige parkeerplek. Die kothuis het ook 'n alarm en laserstraalsekuriteit.

Die hoofhuis is vir 6 gaste geskik en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer is ook op die boonste verdieping en het 'n stapelbed. Die derde slaapkamer is op die grondverdieping en het 2 enkelbeddens wat in'n koninggrootte-bed omskep kan word indien dit vooraf gereël word. Gaste in die tweede en derde slaapkamer het toegang tot 'n gedeelde badkamer. Ander geriewe sluit 'n oopplan-sitarea met 'n 55"-slim-TV met Netflix en Disney+, 'n ruim kombuis en 'n groot etenstafel in. Gaste het toegang tot 'n aparte ingang, gratis WiFi en veilige parkeerplek. Die huis het ook 'n alarm en laserstraalsekuriteit.

Ether Cottage staan op 'n perseel van meer as 'n hektaar wat spog met inheemse flora en voëllewe. Gaste is welkom om die tuin, swembad, trampoline, gazebo, en braaigeriewe te benut.

Constantia-nek met al sy byderwetse restaurante is net 5 minute van hier af. Groot Constantia, Constantia Glen, Silvermist, Beau Constantia, en ander wynplase is net sowat 10 minute van hier af. Gaan maak gerus 'n draai by die strande en al die winkels in Houtbaai se middedorp.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 2 resensies vir Ether Cottage
Netheid
4.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

John Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Jaar gelys 6

Ligging

  • Bridoon-singel 5, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ether Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bridoon-singel 5, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8e2NLqBcoDnEicQBV1Q0TfzJOCxfAOJPUk8afsvpz3l0zHmonn?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4) 2 5 1 5 5 Bridoon Close Hout Bay 7806 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.01741678557 18.387922364418
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem