Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fairstream Selfcatering Guesthouse

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jansenstraat, Van Riebeeck-straat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 505 per nag, vir 9 mense

Beskrywing

Fairstream Selfcatering Guesthouse is 'n klein residensiële landgoed wat bestaan uit 6 landelike huise in die hartjie van Dullstroom. Dit is geleë in 'n stil, gevestigde residensiële gebied, stapafstand van die twee munisipale vlieghengeldamme en Suikerboschkop Natuurreservaat af. Fairstreams voorsien ideale akkommodasie vir 'n naweekwegbreek na Dullstroom.

Dié selfsorg-eenheid het slaapplek vir 9 gaste. Daar is 2 slaapkamers toegerus met 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens op die onderste verdieping. Die 2 solderkamers op die boonste verdieping is ook toegerus met 1 dubbelbed en 3 enkelbeddens. Daar is 2 volledige badkamers met 'n Victoriaanse bad in die badkamer op die onderste verdieping en 'n stort in die boonste een.

Die leefarea beskik oor 'n oopplan-sitkamer en -kombuisarea met 'n houtkaggel. Die volledig toegeruste Oregonkombuis het 'n plaasstyl-tafel vir familie-etes en al die noodsaaklike geriewe. Die eenheid het 'n stoep aan twee kante en 'n buitebraai.

Daar is 'n motorafdak en een buitelugparkeerplek per eenheid. Sekuriteit by Fairstreams Landgoed word voorsien deur 'n heining en 'n afstandbeheerde toegangshek. Die eenheid word skoongemaak met ggaste se vertrek. 'n Daaglikse skoonmaakdiens kan gereël word met 'n skoonmaker op die perseel en die koste sal by gaste se rekening gevoeg word.

Heelparty van die dorpie se restaurante en winkels is ook stapafstand van Fairstreams af. 'n Oorspronklike klipkraal is deel van hierdie ontwikkeling en word beskerm as 'n kenmerk van hierdie landgoed.

Slaapplek

’n Bespreking by Fairstream Selfcatering Guesthouse sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 36 resensies vir Fairstream Selfcatering Guesthouse
Netheid
4.2/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Jansenstraat, Van Riebeeck-straat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Fairstream Selfcatering Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 505
per nag, vir 9 mense
Vanaf
Vanaf R3 505
per nag, vir 9 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jansenstraat, Van Riebeeck-straat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9ed7f5436d751ce9b7f90bcec394cb7a18b0d965896aee8b6001372c07ebe1d458c60c432cc5619ac38c5063e158020fd184?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 505 per nag, vir 9 mense 36 5 1 5 Jansen Street Van Riebeeck Street 1110 Mpumalanga 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -25.411337882684 30.101965069771